Jongste aktiwiteit:

Reise uit die hart.

Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, het ek nog altyd gedroom dat wanneer ek eendag groot is, wil ek gaan rondreis en die wêreld gaan verken. Ander lande met hul kulture het my nog altyd gefassineer. Ek was nog altyd gek daaroor om te sien hoe die huise in ander lande lyk, die kleredrag, die winkels, die kos en nie eers te noem die verskillende tale wat mense praat nie!

Vandag leef ek my “klein dogtertjie” drome uit. Ek en my gesin is gek oor reis en het al baie ander kulture en lande verken. Ons seun is bevoorreg om al op so jong ouderdom verskillende kulture te beleef. Hy is altyd reg vir een of ander avontuur.

Buiten ander lande, het ons al deur ons eie land gereis, ons het hom al amper van hoek tot kant al deur gesnuffel en ons land bly maar die mooiste! Dis soos ‘n skatkis vol verrassings!

Gewoonlik wanneer ons weer terug reis na Suid-Afrika en by die grens oorsteek, kan die Suid-Afrikaanse doane beamptes nie help om vir ons te giggel nie, daai gevoel om weer op eie bodem te wees is so wonderlik jy kan nie help om so gilletjie van vreugde te gee nie! Om al die vriendelike gesigte en “Welkom terug” glimlagte te sien. Dis wat ons land so kosbaar maak!

Mense is geneig om so negatief te wees en altyd net die sleg in mense raak te sien. Dis so hartseer.. Ja daar is slegte mense daar buite MAAR daar is ook goeie mense. Mense wat regtig harte van goud het. Mense wat uit hul pad uitgaan om jou welkom te laat voel!

Met al ons reise het ons al by baie verskillende stamme oorgeslaap en nog elke keer was ons ontvang met soveel gasvryheid en is ons soos goud opgepas! Vriendelikheid werk twee kante toe, dit hang van jou as persoon af hoe mense jou gaan behandel en respek kos niks nie! Ons seun word al van kleins af geleer dat ons respekteer alle mense, of jy nou oud of jonk is, arm of ryk is, of van kultuur verskil. Maak nie saak nie. Die glimlag wat jy uitgee en die glimlag wat jy terug ontvang, is meer werd as enige goud of silwer!

Ek kan nie wag vir ons volgende reis nie, die lewe is een groot avontuur! Dis nie die lande wat dit so interessant maak nie, maar die MENSE wat jy ontmoet. Elkeen het ‘n storie om te vertel, een van hoop en een van seer…

©Madzi




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed