ek het ver gestap, ʼn langpad vol beloftes maar elke keer weer en weer verdwaal ek is deur die wêreld verlei, ek verloor toe vir my in die donker maar nou kan ek lag want in Jesus se krag ʼn nuwe dag wat wag op die vlerke van die wind, soos ʼn arend vlieg ek […]


Stofwolke sluip oor die horison waar wattewolke in die hemel baljaar. Met ʼn belofte van reën soos ʼn man se hand, ʼn Elia belofte vir die basdroog land. Tussen Calvinia en Sutherland, oor die grondpad waar die warrels wink, lê die landskap wat heet my geboorteplek, plek waar ek vrede vind. Weg van die bordeë […]

‘n wit en rooi sambreeltjie op die tafel langs die TV en die spore van twee trane op my wang ‘n dooie bos proteas in ‘n rooi vaas op die tafel en buite hoor ek hoe die krieke sing my spieëlbeeld sing ʼn melodie wys spore van verlange ʼn silwer stroom van seerkry oor my […]

In ‘n Josefskleed aangetrek kort na die eerste reën, van Spektakelberg tussen Springbok en Kleinzee tot ver verby die Oranjerivier se draai, slier jou blommetuin laatmiddag heen en weer in die lentebries. ‘n Stofstreep lê agter die donkiekar wat skud, skud sukkel oor die jakobjollie in die pad. As jy ver kyk sien jy springbok, […]
… stadig maak ek my oë oop ek kyk toe ‘wyl yskoue bang-wees-vingers en donker strome (te naby aan my drome) my goue strand verspoel. regom my speel stormwinde vang-vang; vee my sandsteenhuisie plat. onnodig skuil ek, kruip ek weg van ‘n verlore droom, en ‘n sneeuwit hart. elke oomblik soos ‘n gebreekte glas wat […]
Hier in my werkhuis met die gedurige gedruis van sy ysterlong. Die temperatuur konstand. Die sonnetjie glimlag warm oor my voete en hier, in my glaskokon, pronk ek soos ‘n magrietjie in die son. My hobbelperd wip heen en weer agter die blink toonbank waar ek regeer; en ek sien: in my glasventerskildery; bruin geel […]
‘n sekelmaan wat langsaam hang die stilte van die die nag se sang klink iewers in die nanaguur die lied van die natuur stil stil roep sy uit na jou “raak tog net rustig” fluister sy trou duidelik oor dit wat ons moet hê soos moedernatuur se naglied sê stadigaan raak haar fluisterstem stil die […]
Helder somersonskyn wens ek vandag vir jou. Dat elke oomblik van Kersdag met liefde om jou sal vou. Dit is die dag van Jesus ons redder en ons Heer. Weet dat Hy in sy almag ook oor jou pad regeer. Dit is Jesus van Betlehem, van Nasaret en Golgota. En as dit om jou donker […]

pienk is die kleur van die nanag dit hang soos ‘n lied in die lug die wolke verberg selfs die sterre wat helder aan die hemelruim flits ek dink aan die kleur van ons liefde is dit pienk soos die naglug daar ver? gebry deur die dae van verlange maar ewig soos die oggendster die […]

