Jongste aktiwiteit:

Alles is dieselfde, maar alles het verander…

‘n wit en rooi sambreeltjie
op die tafel langs die TV
en die spore van twee trane op my wang

‘n dooie bos proteas
in ‘n rooi vaas op die tafel
en buite hoor ek hoe die krieke sing

my spieëlbeeld sing ʼn melodie
wys spore van verlange
ʼn silwer stroom van seerkry oor my wang

ek hoor jou roep, jy roep van ver af
die antwoord kil; in die koue weet ek
jy is nie daar nie, die wete maak my stil.

stemme sing in kore
ek hoor dit oor en oor en oor
my hart weet ek het jou finaal verloor

voor die stormwind my wegwaai
wens ek tog vir nog net een en keer
ʼn oogblik, net een oomblik saam met jou

in die storm pryk ʼn reënboog
vol beloftes van ʼn nuwe dag
ʼn ewigheid van vreug wat op ons wag

alles is dieselfde
maar alles het verander
en nou moet ek tot môre vir jou wag




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed