
‘n Oomblik in tyd gevries
Wanneer alles morsdood vries
en yskoud word om jou
kom lente net …
net betyds
ʼn Oomblik gevries in tyd
‘n doudruppel op ‘n roos blaar
deur tyd en trane skoongewas
van wintervuil
Net betyds
brand die vlammetjie van ‘n kers
wat die bloed in my koue hande laat vloei
en so my hart met liefde laat gloei
4 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig :-)
-
Okatopi
Baie mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek