…
… stadig maak ek my oë oop
ek kyk toe ‘wyl yskoue bang-wees-vingers
en donker strome (te naby aan my drome)
my goue strand verspoel.
regom my speel stormwinde vang-vang;
vee my sandsteenhuisie plat.
onnodig skuil ek, kruip ek weg van ‘n
verlore droom, en ‘n sneeuwit hart.
elke oomblik soos ‘n gebreekte glas wat kerf,
regdeur elke asemteug, laat my dan leeg
en dobberend, heen-en-weer meegesleur
stadig maak ek my oë toe …
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.