Die Vensterskildery
Hier in my werkhuis met
die gedurige gedruis
van sy ysterlong.
Die temperatuur konstand.
Die sonnetjie glimlag
warm oor my voete en hier,
in my glaskokon, pronk ek
soos ‘n magrietjie in die son.
My hobbelperd wip heen en weer
agter die blink toonbank waar ek regeer;
en ek sien: in my glasventerskildery;
bruin geel groen blaartjies oor winterwinde gly
Lewe! Klop my hart verwoed,
wyl Vensterskildery my groet.
Sonliglaggies reflekteer
Skerp wit lig heen en weer.
“Wat weet jy?” so huil my hart;
wys na die hemel, grys grou, soms swart.
Die illusie van my vensterskildery
laat hortend trane deur my gedagtes sny.
Ek sien die kamma gemak van winter.
Asem uit ‘n ysterlong
Grys hemel.
Skreiende son.
My siel reik stom
Na waar mens weer mens is.
Na skoon vars lug
waar sonneblomme blom.
Dit is toe dat glaskokon tralies kry;
en sluit my toe
agter die mite van geluk
in my Vensterskildery.
2 Kommentare
-
Okatopi
n Baie mooi realistiese prenkie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Marisa, ek dink jy het 'n slim gedig bedink. Ek dink jy het mooi beelde geskep wat my aan my ouma se sonkamer laat dink. Dit was heerlik en nostalgies. Jou derde strofe: ek dink miskien kan jy die gebruik van leestekens eerder verminder. Ook is daar 'n strofe wat nie 'n punt het nie. Die herhaalde gebruik van Vensterskildery mag ook die leser pla. Kyk gerus na die voorstelle en gesels met my (sommer per boodskap) indien jy wou. Skryfgroete IM