Jongste aktiwiteit:

OP VLERKE VAN DIE WIND

ek het ver gestap, ʼn langpad vol beloftes
maar elke keer weer en weer verdwaal
ek is deur die wêreld verlei,
ek verloor toe vir my in die donker
maar nou kan ek lag want in Jesus se krag
ʼn nuwe dag wat wag

op die vlerke van die wind, soos ʼn arend vlieg ek hoog
al die gisters het verbygegaan,
daar is niks waarheen ek terug wil gaan
Jesus se bloed het my vrygemaak sodat ek weer kan dans
daar is môre vol beloftes,
nuwe genade
nog ʼn kans

die Woord van God, ʼn reënboog, ʼn toekoms
van lag en sing, en hulde bring aan Hom
maar donker nagte en storms
valleie en seer moet ons deurgaan
daar het ek gestap, ja,
op daardie pad
na my rusplek by Hom

as jy vandag nog twyfel oor jou lewe
en stryd en pyn jou telkens terug laat beur
dan is hierdie lied net vir jou
hy wil jou vashou en jou vrymaak
lig jou hande na bo;
bid net en glo
gee hom al jou seer!

op die vlerke van die wind, soos ʼn arend vlieg ek hoog
al die gisters het verbygegaan,
daar is niks waarheen ek terug wil gaan
Jesus se bloed het my vrygemaak sodat ek weer kan dans
daar is môre vol beloftes,
nuwe genade
nog ʼn kans




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed