Die lente koningin
Geil groen blare en blomme blou
kaalvoet op ‘n slingerpad
deur son en wind verdwaald
en vroeg verrinneweer
Daar wag sy in die reën
en sê onwillig met ‘n kreun
maar somer son hou niks van my
sug sy met ‘n straal van groen
Gee my ‘n groen hemel
‘n mondvol hemel smaak
vir te lank het ek in die skadu van herfs gebly
haar rok blink pienk van spinnedraad
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek