Jongste aktiwiteit:

Na nag betraging:

As die son sy wegvlug teen die aand se lug neem dan word ek ‘n swerwer en my heimweë ‘n hanglamp as ek hunkerend soek na jou hand wat myne vir so lank kon hou, terwyl jou skim in die agtergrond op die horison tussen my waansin en hunkering verdwyn en my hoop begin afloop […]

Lees meer

Bring jou tas en bring jou seer

Bring jou tas en bring jou seer Kom sit dit hier langs my neer vir geluk pluk ons ‘n gans se veer Daar’s soveel wat die oomblik ons kan leer Laat ons vergeet van die duister En al die onaangename wat ons soms teister Dan kan ons sommer net weer na mekaar luister Dit sal […]

Lees meer

Digters & Dromers

Jy’t my bly vetvoer Lepel vir lepel Met make-believe stories My ego ge-sugarcoat met emosiebelaaide poetry …en ek het geval dieper en dieper head over heels my hart was Ultimately jou triomf Ons was net twee fragile souls digters en dromers en nou … nou lê jy afgestorwe en begrafnisloos sonder om te groet tussen […]

Lees meer

Winter in my hart

Dit was nag en dit was winter in my hart my sonneblomme was net skaduwees van gister se drome Maar jy’t ‘n volrond son vir my wintergrys saam met jou gebring ©Sonja Peacock – 2017

Lees meer

Persepsie

In die gevangenis van my ego Slaan die hoogverraad van jou woorde teen my siel se plafon vas En eggo terug vir meer. Het ek jou nie dalk geskep? As versinnebeelding van my vrees, om my te konfronteer? Is daar dalk meer agter die motief van jou woorde om my tot hoër hoogtes te moes […]

Lees meer

Is jy?

Is jy ‘n engel met draadvlerke wat rank in my dagboek tussen knope en kant? Is jy ‘n papierskip van poeierblou op ‘n geverfde gebed, wat wyebeen staan oor my woorde-boord? ©Sonja Peacock

Lees meer

Ek is blou

Ek is blou waterwasem teen die nagster se binnekant My verf loop oor jou sag se vêr Ek wil jou vergeet in geel okkerneut en jou los laat in ‘n ander land se herfshand ©Sonja Peacock

Lees meer

Die wind het nie gewaai

Die wind het nie gewaai daai dag toe jy weg is nie, maar my verf het bly oorloop … oor my pen … oor my woorde … oor my skewe dag … oor my weggesteekte gevoellens … oor my gebreekte hart …. totdat die blousel uit was en daar niks n i k s net […]

Lees meer

Beroof van môre

Skerp mespunt halveer halwe sekelmaan hang onbeantwoord aan ‘n koue lug ‘n leë teerpad wat na nêrens lei êrens rol ‘n verlore tolbos in die woestyn beroof van môre ©Sonja Peacock 2017

Lees meer

Grys Water

emosies borrel grys water vanuit onder in die siel padlangs saam bagasie van pla kronkel tot by die oë bars deur as gebreekte druppels waar dit vrygelaat word in die ewigheid van menswees in ©Sonja Peacock – 2017

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed