Digters & Dromers
Jy’t my bly vetvoer
Lepel vir lepel
Met make-believe stories
My ego ge-sugarcoat
met emosiebelaaide poetry
…en ek het geval
dieper en dieper
head over heels
my hart was
Ultimately
jou triomf
Ons was net twee fragile souls
digters en dromers
en nou …
nou lê jy afgestorwe
en begrafnisloos
sonder om te groet tussen
die lirieke
van die liedjies
waarna ek luister
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.