
Die wind het nie gewaai
Die wind het nie gewaai
daai dag toe jy weg is nie,
maar my verf het bly oorloop
… oor my pen
… oor my woorde
… oor my skewe dag
… oor my weggesteekte gevoellens
… oor my gebreekte hart ….
totdat die blousel uit was
en daar niks
n
i
k
s
net mooi niks
meer oor was nie
©Sonja Peacock
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.