Saam die klank van die see
Gedruis van die see
verwarde klank so konstant
bespiegel saam jou menswees
om lewenslesse se hoofrolle te vertolk
stry jul oor verlede gebrokenheid ongelykheid
deel saam mekaar intieme vergelykings
vrylike dagdrome in gemeen
jul gedagtlike hoogtes saam omvou
teleurstellings, sondelike dade
alles wat jul laat berou
begeertes van die siel
n dodeklank verby
groetnis aan geliefdes
geskryf in die see se sand
jul hartklanke wat mekaar aanvul
n treurende klank van n kitaar se snaar
gevoelens soortgelyke verbintenis
bind jul aanmekaar.
jou spore, geskrywe
en see klanke
gaan mekaar weer moet begroet.
om saam klanke van die hart te deel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.