Bring jou tas en bring jou seer
Bring jou tas en bring jou seer
Kom sit dit hier langs my neer
vir geluk pluk ons ‘n gans se veer
Daar’s soveel wat die oomblik ons kan leer
Laat ons vergeet van die duister
En al die onaangename wat ons soms teister
Dan kan ons sommer net weer na mekaar luister
Dit sal ons oop wonde weer toe kan pleister
Laat ons die strale van die son opsoek
Dan hang ons vrede saam in die hoek
Bring jou potlood en jou gedigte boek
daar is geen pyn meer op die skilder se doek
Want gister hoe ookal sy was geen fout
Elke situasie en geleentheid dra sy eie goud
Ons elkeen loop partykeer ‘n pad in die woud
En vergader dan op sy pad sy eie stukkies hout
So bring jou tas en bring jou seer
Kom sit dit hier langs my neer
vir geluk pluk ons ‘n gans se veer
Daar’s soveel wat die oomblik ons kan leer
©Sonja Peacock
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.