Jongste aktiwiteit:

Na nag betraging:

As die son sy wegvlug
teen die aand se lug neem
dan word ek ‘n swerwer
en my heimweë ‘n hanglamp
as ek hunkerend soek na jou hand
wat myne vir so lank kon hou,
terwyl jou skim in die agtergrond
op die horison tussen
my waansin en hunkering verdwyn
en my hoop begin afloop
teen die bleekwit ruïnes
van die mense wat ons eens was
en die wete dat ek eens sonder jou
ook tog kompleet mens was
©Sonja Peacock – 2018




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed