
Persepsie
In die gevangenis van my ego
Slaan die hoogverraad van jou woorde
teen my siel se plafon vas
En eggo terug vir meer.
Het ek jou nie dalk geskep?
As versinnebeelding
van my vrees,
om my te konfronteer?
Is daar dalk meer agter
die motief van jou woorde
om my tot hoër hoogtes
te moes motiveer?
Want soos Schrödinger se kat
Lê daar dalk meer realiteite
Vasgevang in die persepsie
van my seer?
©Sonja Peacock
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.