Klouerige dorings
Ek klou
vas aan jou dorings
ek klou
en jy laat jou dorings
in my hande delf
soos ek klou
ek klou vas aan jou
met oop hande.
Jy dink ek klou
vas aan jou.
Jy dink
maar die oomblik
wat jou dorings my los
gaan jy val
en my bebloede hande
gaan jou
nie kan vang nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.