Drip. Spat. Flits! Blits! Donder en dreun! Hier kom die reën… Deur Retha Weir

Klasie, die reënboogtrappertjie, sit op ‘n blinkblaar-wag-‘n-bietjie tak. Hy skuif sy lyfie sodat die blare hom amper toe maak. Hy wag en wag. Hy is sommer baie honger. Hy hoop dat ‘n by of ‘n vliegie of een of ander vet gogga hier naby hom sal kom sit sodat hy dit kan vang. Die gewag […]

Spore in die sand op die water se kant. Die branders rol heen en weer, En gooi goeters neer. Skatte wat blink en helder kleure wat wink laat my weer dink. Dit maak tog nie sin… Wat kan ons doen om glas en plastiek te herwin?


Die bloedige hitte laat water-beelde op die grondpad dans, dit terg en wink maar daar is geen kans. Niks vir jou siel en niks vir jou dors, vir dié boer is daar steeds net die aarde se dorre kors. ‘n Roering in die blare laat my vinnig op kyk. Is dit ‘n belofte van lafenis? […]

Sokker in die Bosveld Charlie miskruier wou nog altyd ‘n sokkerspeler wees, maar waar kry hy tog ‘n sokkerbal hier in die Bosveld? Eendag loop hy deur die bos en sien ‘n groot hoop mis in die paadjie lê, in die middel daarvan lê ‘n perfekte ronde balletjie! Charlie duik Kop eerste in en rol […]

Die oggend het ‘n knyp, nie genoeg om jou na ‘n truitjie te laat gryp, maar as die oggendmis so oor die dam hang weet maar verseker Somer is in gedrang. Die gras word geel en vaal en word nou gou gebaal. Die vallende blare verkleur, maak gou toe die voordeur. Die sterre blink helder, […]

Het jy al ooit gewonder wat word van daardie kous wat nooit van die wasmasjien af terug kom nie? Dirkie se kouse woon in die onderste laai van sy kas. Daar is die grys kerkkouse, Klaas en Koos en die lang rugbykouse, Rudie en Ross, en ook pretige kouse met kolle en dinosourusse op, Japie […]




