Herfs
Die oggend het ‘n knyp,
nie genoeg om jou na ‘n truitjie te laat gryp,
maar as die oggendmis so oor die dam hang
weet maar verseker Somer is in gedrang.
Die gras word geel en vaal
en word nou gou gebaal.
Die vallende blare verkleur,
maak gou toe die voordeur.
Die sterre blink helder,
Die nag wind word erger.
Een van die dae sal ons die kaggel moet stook
wanneer jou asem wit in die oggendlug spook.
3 Kommentare
-

Anze
Wel jy mag maar weer probeer!!! Puik
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Retha Weir
My eerste probeerslag om te dig!