
vir
Gedigte
hoe dan
as mooi, mooi is
gesien deur twee oë
dan is lelik nie regtig
lelik deur dieselfde oë
wat toe ek klein was
baie groot gelyk het
lyk nou baie klein
vir my vandag
iemand wat mooi lyk
is nie altyd alom mooi
dikwels is mooi mense
maar bra vlak en vaal
van karakter en taal
tog kan hul mooi bly
vir dié wat hul ken
en lelik vir ander
soos klippe in ‘n waterstroom
maal karakters mekaar aaneen
hardste maal kom wanneer een
die ander wil slyp na hul eie wil
plaas daarvan dat beide mee gee
vorm hul die sand waaruit hulle
kinders weer gaan verrys
eie menslike paradoks
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.