Êrens in my land: Oranjerooi vlam die son asemwegslaanmooi oor ‘n rant se kant. Afgeëts staan stil ʼn silhoeëtte onder ʼn doringboom … STOP! ? ʼn KOEDOE? SWARTWITPENS? ʼn RARE FONDS? Êrens in my land: Vuurrooi brand ʼn band, op ʼn pad, borrel swart rook in haat en woede. Afgeëts dans jillende silhoeëtte met stokke […]
Ek onthou nog so goed ons predikant se reaksie toe my ouers hom inlig dat my suster gaan trou. “Trou sy met een van ons mense?” Die ‘ons mense’ was natuurlik Doppers (nee nie drinkers nie my mens, lidmate van die Gereformeerde Kerk). Die antwoord was nee’ want haar aanstaande was ʼn NG-man (Gaatjieponder). Dit […]
(brons) ‘Tweede pouse, vergaderplek nommer vyf. As jy klaar gelees het, skeur die brief op en eet hom. Hierdie boodskap mag nie in die vyand se hande val nie.’ Ek hoef nie weer die briefie, wat ek agter die toiletbak in die vierde toilet van die deur af gevind het, te lees nie. Ek weet […]
Jan van Kerker, was ‘n harde werker, vir die eerste vyf dae van die week het jy sonder rus geswoeg en gesweet Maar as hy tjaila op Vrydag, onthou Vrydag is paydag, ken Jan se voete een pad en dis na die dorp se watergat. Dan begin die man flink sy loon wegdrink, en kuier […]
Elke pot kry ʼn deksel, maar die dag as pispot ʼn oor kry, en díé sit nog skeef boonop … So was dit, toe Bella van Breda vir Boesman Bronkors vasdruk tussen die mopanies op haar pa se plaas en sê: “Jy gaan my te vra om te trou en dit gaan special wees. Dit […]
Nagmaal is ʼn gewyde saak, nie iets waaroor mens grappies maak, maar daardie Sondag moet jul weet sal ek nimmer nooit vergeet. Ek het die nuwelinge gou opgemerk waar hul ongemaklik insluip in die kerk. Die pa en ma, dogter en seun. stigtelik gaan sit een vir een. Was Kleinboet nog nooit in die kerk […]
Petrus Enkelblade en sy vrou Sarie, het die Bybel heel mis verstaan. Hulle het nie voort gegaan en vermeerder nie, nee, hulle het voort gegaan en vervuil. Die stadsraad het later twee huise langs mekaar vir Petrus Enkelblade gegee om al die Enkelbladejies te huisves. Toe Petrus, kort na die geboorte van nommer agtien by […]
“Wag, ek moet julle díé vertel.” groet Hettie Welgemoed haar kletsvrinne. Sy is skoon uitasem van die vinnig stap na die bankie onder die wilgerboom by die eendedam. Dis Saterdag-agtermiddag, en die kletsvrinne kom oudergewoonte bymekaar om nuus uit te ruil oor ʼn glasie wyn of iets. Hulle kuier wel heeldag en aldag oor en […]
Kom Boetie, kom en maak tog gou ek sluit die kamerdeur! Sy vrees die rook wat hul omvou … die bekende dagga geur. Sy is nog net tienjaar oud en hy word eersdaags ses, maar sy is deeglik ingesout, ken elk oorlewingsles. Kom, Boetie, kom, kruip gou hierin, jy’s veilig in die kas. As hul […]