Die Nagmaal
Nagmaal is ʼn gewyde saak,
nie iets waaroor mens grappies maak,
maar daardie Sondag moet jul weet
sal ek nimmer nooit vergeet.
Ek het die nuwelinge gou opgemerk
waar hul ongemaklik insluip in die kerk.
Die pa en ma, dogter en seun.
stigtelik gaan sit een vir een.
Was Kleinboet nog nooit in die kerk
of was ou Belial aan die werk?
Ek sal seker nooit regtig weet
want hul weer sien kan ons vergeet.
Die diakens bedien die brood en wyn
die gemeente herdenk stil Sy pyn.
Dis stigtelik gewyd, soos dit moet wees,
ons herroep die bloed en gebroke vlees.
Uiteindelik is ons dors en honger stil
deur die sigbare tekens van Sy liefdeswil.
Diep onder indruk van die gewydenheid
het Dominee oor die gemeente uitgekyk
“Is iemand oorgeslaan?” het hy vir laas gevra
waarop Kleinboet uitroep “Ja Oom, ekke ja!”
In die geskokte stilte wat ons omvou
volg hy op met “waar’s daai waiter nou?”
Dit was nie bedoel as sakrament minag
toe elk siel in die kerk uitbars van die lag.
Ek glo ons Heer het ook ʼn humorsin.
Ek dink ook Hy kon nie sy lag bedwing.
Die Dominee het poging vir voortgaan maar laat vaar
die gemeente kon net nie hul gelag bedaar.
Ons Vader, weet ek, begryp dit goed
daar is mos vreugdelag in Sy reddingsbloed.
Dit het regtig gebeur vir die wat dalk wonder….
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek
-
Philna Buys
Dit laat my dink aan die mense wat oor vir die eerste keer kerk toe gegaan het en Nagmaal is bedien. Die pa is nie saam nie en die seun kom verheug terug en se sy pa kan maar gerus volgende keer saamgaan want hulle bedien shooters daar! Ek is altyd baie bly vir humor. Hoop daar kom mooi inskrywings in met die humor kompetisie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Riaan Palmer
Haha! Oulik! Ek stem ook saam: Ek is ook vas oortuig dat die Here 'n wonderlike sin vir humor het. Ek dink nie Hy sou vir ons een gegee het as Hy nie self een gehad het nie. :-)