Afrika
Êrens in my land:
Oranjerooi vlam die son asemwegslaanmooi oor ‘n rant se kant.
Afgeëts staan stil ʼn silhoeëtte onder ʼn doringboom …
STOP!
?
ʼn KOEDOE?
SWARTWITPENS?
ʼn RARE FONDS?
Êrens in my land:
Vuurrooi brand ʼn band, op ʼn pad, borrel swart rook in haat en woede.
Afgeëts dans jillende silhoeëtte met stokke en kieries …
STORM!!
?
Hongerte?
Werkloses?
Tsotsi’s?
Waarom tog nou weer?
Êrens in my land:
Wit kollig buisligte grys geboë koppe, denkend en peinsend.
Swart letters op wit papier skreeu BELEID en STRATEGIE …
BESPREEK!!!
?
werkskepping?
ekonomiese groei?
misdaad en korrupsie?
Dis maar net ʼn rooibok, niks besonders nie …
Dis maar net verveelde pionne, geen grondige klagtes nie …
Dis maar net ministers niks noemenswaardig te sê nie
Terwyl vlamrooi trane van kaal takke val
Terwyl vuurrooi tonge hout swart kleur
Terwyl berge papier vergete in argiewe vrot
Geniet iemand Afrika
Brand iemand Afrika
Ignoreer iemand Afrika
want
Oral in my land
is dit
net nog ʼn dag
in Afrika
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Môre Ronnie, Ek dink hierdie tipe gedig skree uit die volk op alle vlakke. My onkunde kommetaar is net moet nie die vrae so direk vra probeer dat die gedig se emosie die leser lei na sy eie vrae.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek