
Eienaar
fondasies diep gegrawe
stene van geslagte waarde
in vele vlakke opgebou
tot bergtop kastele
onder gras dak
prentjie uitsig vensters
eet tyd aan grysman
op alle vlakke
koper klop loop
agent herlei vrae aan
krom gebou eienaar
as sieknotas
tuis warmte vervaal
koue vul hartkamers
bene bewe vensters ratel
verkoop beweeg aan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.