Herfsgeid (Goud)
daars ‘n goedheid aan die goudheid
van ‘n blaar
wat voorwinterwindjie sag
swewend na benede daal
en slaapplek soos ‘n oumens
sielalleen en halfbemind
in ‘n skadu van genade
teen ‘n sterfling grafsteengrassie vind
maar tog
dié doodsheid van die herfsgeid
en van elke blaar wat val
sal deur sterwe net weer plek maak
vir ‘n nuwe lentespel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek