
Groen vye nostalgie (Goud)
jy het my deur jou vyeboord se blare sien aankom
jou hande het gebewe
jy het vye begin afpluk
rypes en groenes
die skottel was persgroen gekleur
jy het op die afgeplukte vye gehuil
daar het vyeblare op die grond geval
jy het gewonder waar ek was
en jy was bly om my te sien
het jy gesê
onthou jy?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek