uit dieptes van verlede kom liedjies lankal vergeet oor koring gerwe en stroompies waar water onderdeur bruggies spoel om nooit weer terug te keer nie gedagtes gans versonke onder herinneringe van mooi en dikwels ook traumatiese verlede van bloed bevlekte gebeure uit oorloë bedek onder lae politieke retoriek om alles te […]

bittereinder van jou bakermat was jou gene gemessel in geloof, hoop en liefde liefde vir jou naaste hoop op ’n toekoms geloof in jou God beloftes, geloftes word nooit gemaak om blindelings te versaak nie trou en eerlik staan jy voor jou Skepper en jou volk geen geld kan jou lojaliteit koop geen […]


“Nonsens ,moenie die meeue pla nie – Nonsens, gaan lê nou stil man” Nonsens was die naam van ’n hond soms het Nonsens sy naam behoorlik uitgeleef vele male moes hy maar gedweë, druipstert vlug want Nonsens was ’n Jack Russel- brakkie die hart van ‘n leeu gebêre in ’n piepklein lyfie […]

saam na die Noorde saam met die wa – malie my liefling so het ons getrek van Suid na Noord van een bestemming na ’n ander telkens weer wortels geskiet ingegrawe in rondom-verdediging vasgebyt deur droogte en vloede kop bo water gehou in trotse dankbaarheid teenoor ons Vader wat met ons is – […]

jou simpatieke besorgdheid oor ander se pyne en lyding brawe leiding om uitdagings storm te loop en aan te vat vermoë om te vergewe, vergeet sonder wrok of wraak oor onreg definieër jou geestelike volwasenheid aangebore in jou boere-gene enig in jou kulturele strewe van goeie fisiese en geestelike gesondheid waardering vir skoonheid […]


nog een kans gekry veelvoudige terugslae leerskool van die lewe wanneer dit goed gaan verloop lewe spoedig wanneer dit begin sleg gaan slaan jy remme aan word tyd gebruik om na te dink oor gisters en wat dan van mộre © Tearlach.

teenoor die wêreld staan die geestelike denke godsdienstigheid bring passie om bonatuurlike bestaan van God te erken teenoor die liggaamlike jou oneindige nietigheid teenoor die Skepper te kan verstaan slegs dan kom daar helderheid om jou plek in kosmos te begin verstaan te verwerk hoekom jy nog hier is © Tearlach. […]

voor sy uitkykpunt sit digter diep in gedagte sake van sy hart en lewe versonke in die uitspeel van sy verlede voor sy oog speel branders met gebreekte wit mosselskulpe besaai die strand met wit belyning gaan haal die lewegewende kril ver agter diep blou horison bokant sy venster skyn son […]



