Jongste aktiwiteit:

Onherroeplik

Ek besef -treurig- nou eers, ek het jou lankal reeds verstoot. Ek skeur jou stuk-stuk van my los en bou die legkaart op my skoot.

Lees meer

Middernag-koor

Op ‘n tydstip rondom middernag, na ‘n sagte, eentonige reen Sak ‘n kalm koor van stilte, Oor die nat dakke heen. Elke hond is dan gedwee, Gehoorsaam en gesmoor, Elke huilerige baba, sluit sag aan by die koor. Doodstil sing die stilte, van elke slapende kind. Doodstil sluit die bome aan, en die wolke kalmeer […]

Lees meer

Sy verstaan als

Tussen die blaaie van ‘n moeder’s geheue, Op die kroontjie van haar hart Gly-gly Die ouderdom verby. Ek’t jou so lank terug ontmoet, Ek’t die ontmoeting nie onthou. Ek was gebore in ‘n sagte wereld, ‘n stukkie van jou. Deur die halms van addololsensie Het jy hulpeloos wou gryp na jou kindjie in die wiegie […]

Lees meer

Ek is die draai van ‘n arend’s vlug

Ek is die draai van ‘n arend’s vlug Ek is die swart swael in die lug Ek is die bliksem in die weer En die taai bloed op die teer Ek is die bleek lyk in die son Eks die bruin-oog vrou op die stadsbalkon Die boemelaar wat sy besittings pak Eks die sypaadjie se […]

Lees meer

Vrolik speel die handjies

Vrolik speel die handjies vrolik oor die stof vrolik wip die bokstertjies Die voetjies vaal en dof. Vrolik roep die loerie, vrolik blik die dam. Rasend ploeg die trekker, soos ‘n afgeleefde man. Vrolik blaf die honde vrolik lag die vink. Bemoerd pluk ‘n hen haar vere op. Die komposhope stink. Vrolik speel die kind, […]

Lees meer

Middernag-horlosie

Tik tik tik Voel jy ook die aarde ruk, soos sy haar vere vir die dag bewend-bang reg skud? Tik tik tik

Lees meer

Die kind

Die kaai krul swanger om die skepe in die baai. Dartelend speel ‘n vissermanskind Op dolosse wat kreun teen water en wind. Slaap nou-jongmens-slaap. Wind vou om die Kaap. Sluimer-sing van die see, Van haar leë beloftes en slingse weë. Die meeue koggel-skêl, Die kind lag in die wind. -hy struikel in spel, waar hy […]

Lees meer
wag asb.

onlangse publikasie

Onherroeplik

Middernag-koor

Sy verstaan als

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed