Ek is die draai van ‘n arend’s vlug
Ek is die draai van ‘n arend’s vlug
Ek is die swart swael in die lug
Ek is die bliksem in die weer
En die taai bloed op die teer
Ek is die bleek lyk in die son
Eks die bruin-oog vrou op die stadsbalkon
Die boemelaar wat sy besittings pak
Eks die sypaadjie se slapstertbrak
Jy soek my op in muwwerige gange
Vind my in die rooi op ‘n hoer se wange
Ek druk jou dood, ek smoor jou stil
Tot jy ook bloedstollend gil.
…En in die loop van tyd
Vreet ek stukke uit jou uit
Ek is koud
Ek is wreed
Ek is teer
Ek is die wêreld
se lang hartseer.
8 Kommentare
-
-

Loretta Szikra
Wow!!! Eks mal hieroor.
-

Toom
Hier's ene om na uitsig te hou! Baie treffend. Ek hoop jy't 'n keersy! Treurig jawel, maar goed geskryf. Dankie. GvT
-
Wolfram
Dis nou regtig mooi! Well done!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Dis pragtig!