Jongste aktiwiteit:

Vrydag

Tien vingers aan Sy hande
een vir elk gebod
‘n doringkroon
‘n lendelap.

Is dít die Seun van God?

‘n Houtkruis teen ‘n heuwel
vyf tone aan elk voet.
Bitterwyn en spykers
donkerson
en bloed.

© Carma Shaw
14 April 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed