Jongste aktiwiteit:

’n Ander droom

dit was ’n swart dag
’n lang donker nag
wie jy was is jy nie meer
al my drome vir jou het gesterf
het bly hang in ’n hospitaal gang
ek moes ’n ander droom vir jou droom
want jy kan jy nie meer kan hardloop soos eers
nie meer leer
nou staan jy buite
kyk net deur die lewe se ruite
hoe ander presteer
trou en aangaan met hul lewe
al is jy anders
bly jy my genade kind
wat sonder vlerke aan sterre raak
wat ‘n ander droom kon vind
gespin van spinnekopdrade
dit is jy wat my leer wat ek nie weet
van God se liefde en van hoop
wat my siel versadig
my weer laat glo in Gods genade




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed