Geknakte vlerke
Vasgevang in vrees
versplintering van illusies
van wat kon wees
in die smeltkroes van vuur
wroegend worstelend
in jou laaste uur
brandend ten hemele skree
met die asem van God
polsend deur elke vesel van jou wese
het jy heel geword
soos ‘n feniks uit die as herrese
met nuutgevonde vlerke
bo die storms uitstyg
ver bo jou perke
ANDERKANT GELOOFSBERGE
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
so mooi!!