Jongste aktiwiteit:

Drome

jou gebroke oë kyk na bo
geknakte kind vasgevang
sal jy ooit weer kan glo
vir jou wil ek ‘n karos van die sagste sydraad brei
waaronder ek jou kan toedek en beskerm
keer dat nuuskierige oë jou in repies sny
jy my kind…
wat grootoog wonders
in alles kon vind
vir jou wil ek goue vlerke spin
vlerke om te vlieg
hoog bo die hemel kim
ek wens dat jy weer vry kan wees
vry om te droom
sonder vrees
vir jou wil ek goue drome weef
soek ek ‘n plekkie in die son
waar jy vry kan leef
want sonder drome sal die lig in ons kwyn
is ons verlore
sal die son nie skyn

MAAR DIT IS NET ‘N VERLORE DROOM MY KIND
MET MY HANDE SO VASGEBIND




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak