Net vlugtig . . .
vroegaand was ‘n foto –
‘n volmaan in die avonduur
‘n lofsang aan die sonsak
‘n gloeiend ode aan die vuur
die nag was wasem
kortstondig, soos ‘n asemteug
die nag was soetwyn en skemerlig
die nag was woorde
– in rym en vloei bedig
soms dans onthou se beelde nog
‘n passie, vol verleiding –
jou hand wat rus
teenaan my skouer
(donkeroggend)
met laaste skeiding
© Carma Shaw
10 April 2017
5 Kommentare
-
neels
pragtig Carma ek lewe my in jou gedigte in
-
Elroux
Allerlieflikste gedig Viooltjie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek