(goud) Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe as skopsuile in die donker roep en as jakkalswelpe huil, hoedat die kras van honger meeue in die holte van my oor kan skuil, dat ek die fluitsang van ’n suikerbek wil eggo met my mond en dat ek wis hoe duisend hoewe dreun as […]

op ’n ander Karoonag het die maan bloed gebloei; roes het haar wang in die donker gegloei wat is dit dan aan die maan en haar lig – sy heel jou, sy breek jou sy word ’n gedig wat binne jou sluimer en wag op ’n woord wat jou siel met jou sinne laat rym […]

(goud) Ek onthou nog hoe winde huil deur klowe – ’n fluitend treursang wat droefenis belowe, die riete se geritsel in die newelstof net voor die eerste reuse druppels teen my kamerruit ontplof die gerammel van die donderweer, die krrraaakkkinggg deur die lug, die Klap! Klap! Klap! as die bliksems breek oor Karbonkelberg se rug […]

Ek onthou ’n dag van stormweer toe die wind gehuil het deur die klowe met hartbreek-fluitend melodië só asof sy groot droefenis belowe. Buite het ’n woeste vlaag riet wild laat ritsel in die newelstof net voor die eerste reuse druppels teen my kamerruit ontplof. Die gerammel van die donderweer, die krrraaakkkinggg deur die […]

My liefling, dis weer winter ek verlang net (dis maar al) soms as dit so koud is en die reën so aanhou val. Maar vandág, my lief is dit mooiweer in die Kaap. Die wolke (wat so grou was) is na elders weggeraap. By Houtbaai se hawe vlieg die seevoëls salig, vry oor die bote […]
(goud) Die bolande se berge lê uitgestrek voor my; die kranse en die klowe paradeer millennia se verhale by my hunkeroë verby. Hoe vry moet dit nie wees nie om vir ewig so te lê nie (terwyl fynbos teen jou hange groei, wingerd aan jou voete bloei) en die hele wye hemel as jou ope […]
(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]
Mamma as ek kon sou ek vandag ’n draai by jou wou maak met melktert en geel blomme en sjokolade na jou smaak ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot; die paadjie na jou voordeur loop en aan die riffelruitjies klop ek sou langs jou sit op jou voorhuisbank en later deur jou tuin […]



