Lê jou lyf langs my neer Fluister vir my wat jou hart begeer By ons blou hortjie seehuis Wil jou hart toedraai in ‘n Bergtee-bossie serp My vingers sag streel oor jou nek Arbei druppels op jou lyf Smeer oor my lippe terwyl ek in jou oë wegdryf By ons blou hortjie seehuis Die wind […]

Longe pomp nat asem… wasem… dit baar woorde… Woorde leef sonder asem in asem Woorde spat, klap, verniel en tart Wanneer is ‘n woord Woord? Wanneer is ‘n woord dood? God se Woord is Woord Woord leef, Woord is brood Woord vloei in woorde, soos salwings-druppels drup-trek dit heuning drade van goue sonstrale teen my […]

Swart koffie drup filter ink Swart vlekke wat in my siel insink Versuip en smeer Smeer die gedagtes en visioene Deurmekaar in kleur klonte op ‘n hoop, in ‘n hoek Met vuil vingers smeer dit op my skilderdoek Verf strepe buite die lyne Slordige spatsels van random verlange Leë siele lê rond in tente Voos […]
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek Toe ontmoet ek jou! My hart rou geskree na liefde Hees stem en modder-streep trane Toe ontmoet ek jou! Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne Toe ontmoet ek jou! Ek wil jou […]
Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte ‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte In myself gekeer Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer Keer ek terug na die ou bouval Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel Nou ‘n ou […]
Kerswas traan druppels brand my wange Rooi en seer strepe van verlange Wasem teen my spieël word stof…die droogheid van my siel Oë vol sand en ‘n baard wat brand Staar ek deur my spieël, dolosse in die Namib sand Waarheen reis ek en wat hou dit in? Waar is my skaduwee met drome? My […]
Jy stort water in en oor my stof-krip Jy red my uit ‘n diep woestyn-droë put Dik en bitter stilte, alleenwees, spelonk, yl woorde Metamorfose Sag, vrolik, stemme, gesange, lag en leef Dans, speel… ingevlegde siele wat sweef Jou liefdes-asem… Tikmasjien sleutels klik klak Slaan nuwe liefdes woorde diep in my hart My lippe dwaal […]

Kanker-vrot-vretende wortels van verwerping pluk stukke vleis uit my siel se seer Vertroue word verpletter en met bloedspatsels gesmyt op die grond neer Geroeste doringdraad lemme en stukke vleis peel uit die wond Waar die allesvretende vraat lag met ‘n bevlekte mond Iewers wapper ‘n flenter-voos selfbeeld soos ‘n plastiek sak aan ‘n doringtak Geloof, […]


