Bloed-voos
Kanker-vrot-vretende wortels van verwerping pluk stukke vleis uit my siel se seer
Vertroue word verpletter en met bloedspatsels gesmyt op die grond neer
Geroeste doringdraad lemme en stukke vleis peel uit die wond
Waar die allesvretende vraat lag met ‘n bevlekte mond
Iewers wapper ‘n flenter-voos selfbeeld soos ‘n plastiek sak aan ‘n doringtak
Geloof, hoop en liefde herhaaldelik opgevreet, uitgespoeg en verkrag
Geforseerde wantroue en agterdog bedek my vrugbare beloofde land
Dit ruig soos onkruid en met roes-vuil-bloed-vingers gryp dit die saad uit Sy hand
Doringtakke en stukke glas sny deur my nier pype waar ek gebukkend in pyn staan
Stukke van my manwees word herhaaldelik uitgeruk en val pap op die grond traan vir traan
Taai boomgom-drade spin my in ‘n valse gods-eenheid lokval-web vas waar ek droë spoeg sluk
Dit kleef aan my lyf vas terwyl ek met ‘n bek vol sand stik in ‘n druifsand put
God ek wil my seer by U kom los, alles kom afpak
Alles wat op my gesmyt is op hierdie verraad-pad
Vries my emosies in stukke ys dat dit ophou spoel oor my profetiese rand
Vir mense is ek nie ‘n sent werd maar vir U het ek ‘n sak-vol hart
Al wat ek soek is ‘n houtkruis op my horison
‘n Plek waar ek met al my sleepgoed na U toe kan kom
‘n Propvol Gods spens met al die goed wat ek nooit gevind het nie, die dinge waarna ek smag
‘n Plek waar die wêreld sin maak, verstaanbaar is en waar ek winter seisoene kan oornag
Trane rasper oor my rou wange in my asyn-spons-kussing van leë verhoudings
Lei my deur hierdie vallei van vrek na my plek waar rus is
3 Kommentare
-
Inkmoderator
Goeiedag skrywer, Ek sal graag saam jou aan hierdie vers wil skaaf. Die sinne in die vers is nie woordekonomies nie en sulke lang sinne in poësie lees baie moeilik. Ek wonder of jy verkies dat ek voorstelle maak of wil jy eerder self eers daaraan sny en my dan nader? Laat gerus weet. Jy kan hier reageer of sommer 'n boodskap direk aan my stuur. Hier is potensiaal maar ons moet effe knip aan die woordtotaal. Groete.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
jy het baie mooi beelde in hierdie ongelooflike seer gedig gebruik. Met al jou seer weet jy tog waar die genesing le . . . Hoe mooi stel jy dit... ...Al wat ek soek is ‘n houtkruis op my horison ‘n Plek waar ek met al my sleepgoed na U toe kan kom...