Jongste aktiwiteit:

Hou moed

Met ons gaan dit soms soos ‘n groot klip deur ‘n tregter~ hoe dieper, hoe slegter tog bly ons almal vegters en ligvoets sal ons weer dans deur die lewe.      

Lees meer

Kaktuslewe

Dae dobber verby Soos ‘n rivier uit sy gety My lewe hang aan ‘n kaktus Met kleurlose litdorings Gepynig in gif Maar my psige Sien ‘n witomringde iris Wat sweef soos ‘n duif. ©              

Lees meer

Strepiesmaanboodskap

Êrens, in Elim onder ‘n dunstreepmaan naby windpompe en bome het iéts moois begin toe jou siel saam met fyn misreën oor fluitjiesriet van die hemel afkom en in my hart klim ©Z.Kochk                              

Lees meer

Lente simfonie

Waar die wind se rieldans deur die blare swiep en blomme swaai en buig borrel vreugde ekstaties op die soet-getinte klanke van ‘n lentebries se lied ‘n wonderskone melodie. Z.K      

Lees meer

Droomeggo’s

Ek sien verby die blom op my vensterbank reëndruppels wat op ‘n wasgoedlyn hang en ek begin verlang na die wegslepende melodië van voëls se louterklank.   Z.K      

Lees meer

Tydloos

Jy los spore in die sand van tyd en sal nooit in vergetelheid raak glo net God sal jou gesond maak al voel dit jou uurglas loop uit kruieas in al jou wonde vryf of verlos van al die pyne in jou lyf. ©ZK. Silwer

Lees meer

My doringhart vlinder-vry

Toe jou sagte glimlag my bereik het my hart snellend posgevat gesweef op ‘n maanvlinderpad word die stratosfeer ‘n nuwe koninkryk want die grond van my hart was bevlek hard en vlak met dorings oortrek. ©Z.Kochk

Lees meer

Immeroorvloedige seën

Kyk, die Vader verander verskroeide grond in poele van riet en dorslande in waterforteine juigende skepping vry en my trane keer t’rug na sy geboorteland waar ek buigend bid op ‘n bergpiek ©Z.K

Lees meer

VIR EWIG

Weet net ons ongevraagde pyn is 'n nie-opgeroepte verlede met geen belang in die hede maar nogtans beweeg ons deur  alle seisoene beide aangenaam en pynlik.

Lees meer

Jou tong

In jou dagboekfragmente dra jou getoomde tong nie ‘n skerpioen-angel wat my seer steek nie maar die mooiste woorde hy sê ons sal saam floreer met ‘n reënboogbelofte van lewe. © z.kochk

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed