~ Inner stryd ~ Chianti robynbloei deur kristal wyl ek maansteen splinters deur my vingers vleg, amorfies wag tot nag sy heerskappy teen dag besleg. Smaal sinies oor die oeroue stryd tussen lig en donker wat deur die kraak van tyd bloedspuug op ‘n veldslag in bodemlose aarde binne my. Chanson de geste draal teen […]
bamboeswalms soutloop deur vleuels en laagmis sleep hanggat vooruit, betrokkenheid van ‘n vissersdorp se spuug voor wêreldse pretensies, ghwel teen randsteen en teer – vis en tjips papiere hang soos vuil gedagtes teen platgetrapte drade; arm kinders pie in die see en skree oopbek vir daddy om die hondsdol hond te keer wat knaag aan […]
triesterig windvlaag gryse sproei teen my skene en ek groet die prikkelprins van lente deur lippe wat oopvou onder klamme lus palms reep in bruine teen ‘n armdruk wind en sink die son tot anderkant môre, vandag is uitgeklaar vir miskomberse, kaggelvure en winter se laaste vingerstreep in ‘n byna uitgeloopte jaar om te sluk […]
Dag prik venynig teen my vlees toe ek rugkant na gister teen die strand opbeur. Branders lek lui lui die laaste soet van middelnag se hooggety en vertel van skroot en skatte gestrooi teen duineboggels se winddroog middellyf. My voete skryf sleutelwoorde in die klam lei van eb en ek fris myself teen ‘n doelgerigte […]
Pa stop sy pyp en tuur oor die see. ‘n Lag speel in sy baard toe hy begin vertel… ‘n Voetseen was ‘n lang visnet met kurk aan die bokant en lood aan die onderkant en ‘n lang tou aan die voorkant. In die middel is ‘n bak/kom ingeweef as deel van die net – […]
‘n grotesk gepleisterde muur grens tussen gebreide boorde en krultoon krommings van ‘n lila berg – ‘n nimmereindigend stryd wat inspanning verg (sou ek reken) my taal fladder soos laatherfs deur kaal gestroopte eike, versteende lawa blinker oor die vallei – ewig roerend die alfabet binne my (so voorspelbaar) nikotien deurdrenk leun ek deur Afrikana […]
As jy met jou luimerende musk en sandelwood aroma (wat soos klam dennenaalde en mos in die lug hang) robuust agter my lyf inskuif om in my sagte voue koesterplek te kry, vul ‘n vrede (soos die vlug van swaels na somer kontinente) my hele wese. Vou die akropolis van jou manwees om versteende druk-skeure […]
Vandag, tien jaar gelede, staan ek vroegoggend langs ons swembad in Upington, met ‘n koel luggie wat deur my hare speel. Ingedagte skep ek verdwaalde blare uit die swembad en my gedagtes draai soos altyd rondom my leë baarmoeder, rondom die doodsheid binne my. Twaalf verspilde jare kleef aan my vlees, laat my wees, want […]

~ Oor hom kan ek nie dig nie, ek sal moet skryf! ~ Pa word sewentig en vanaand is sy aand. Ek sit voor my skerm want skryf moet ek oor hom skryf! ‘n Gedig ?…Nee sien, hy rym nie soos ander rym nie en sonnette en kwatryne is tien teen een meisies uit sy […]