Jongste aktiwiteit:

Die rotsvalk se oorwinningsvlug

As jy met jou luimerende musk en sandelwood aroma
(wat soos klam dennenaalde en mos in die lug hang)
robuust agter my lyf inskuif om in my
sagte voue koesterplek te kry,
vul ‘n vrede (soos die vlug van swaels
na somer kontinente) my hele wese.

Vou die akropolis van jou manwees
om versteende druk-skeure
van my hart se rotssykant,
om pirokseen, graniet en erts van my verlede
soos ‘n steenvalk in sy snawel weg te dra
na sy nes.

Lees jy die petroglief en paddasteen
vervleg in my aorta, deur braille vingerpunte
oor die kontoere van my lyf.
Vind jou primitiewe oerdrang
(wat soos ‘n jong buffel oor bar vlaktes dreun)
rus in die wolfluweel van my sag klaende vroue figuur.

Maak ek my oop soos ‘n saffierblou hemelruim
op ‘n wolklose dag,
om jou te voed met nektar (druppend soet)
vloeiend in my geslagsdrif
opgesluit net vir jou.

Gee ek oor in jou digtershande
wat minneverse oopskryf in donker dieptes
van my verwese siel,
wat my met heuningwoorde laat verdwaal
in die sprokie van jou volslae troonafstand
in die betreding van my grondgebied.

© 2009 Almarie Truter




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed