~ Inner stryd ~
~ Inner stryd ~
Chianti robynbloei deur kristal
wyl ek maansteen splinters
deur my vingers vleg,
amorfies wag tot nag
sy heerskappy teen dag besleg.
Smaal sinies oor die oeroue stryd
tussen lig en donker
wat deur die kraak van tyd
bloedspuug op ‘n veldslag
in bodemlose aarde binne my.
Chanson de geste draal teen kosyne van glas
toe ek die maan profaan gebied
om die mukus in my hart
met melk te was.
Ek brok self die brood in my lyf
en skryf my lot teen die hoekstene
van my kasba terwyl tortelduiwe
beangs die slang in hul midde verraai.
Suurwyn uit ‘n erdekruik klam kim
teen groensteen gragte in my mond
en ek fetus weereens teen ‘n swerwer
se loodswaar skag.
© Almarie Truter
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.