Jongste aktiwiteit:

Klitsgras

Klitsgras

Ek sal jou nooit ooit kan
vergeet nie al wil ek die
verlede met een veeg uitwis
want as liefde in ‘n moeras versink
of versand en vervlak op niks uitloop
moet die herinnering dieselfde pad loop
en skoon uit jou geheue verdwyn, maar
dit klou en kleef hardnekkig soos lastige
klitsgras aan jou onwillige geheue vas, en
daar skop die stekelrige herinnering nes – – –
Maar ons het die versekering dat
die onversadigbare tyd met verloop
alles verswelg en gulsig verorber dus
moet ook herinnerings die knie buig
want hulle is nie tydloos nie – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed