Wysheid in die grysheid
Wysheid drup soos heuning oor my grysstof
hoe meer ek kyk hoe meer kan ek luister
na die godin Wysheid wat saggies fluister
Daar is iets nuuts aan vandag…
Hoor ek ‘n ander geluid…
my honger gedagtes drink dorstig
aan die skadu’s van die kwynende dag
Die toekoms ‘drome’
die hede ‘liefde’
die hart is ‘n klein planeet
wat net die siel van weet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.