Jongste aktiwiteit:

Soos Spoelklippies

Soos Spoelklippies

My liefde omvat die totale mens
in voorkoms en hoedanighede daarom
kan ek nie die gestalte dissekteer en
elke liggaamsdeel en eienskap afsonderlik
besing nie, maar ek aanvaar en bemin
die hele aanneemlike pakket voetstoots
gebreke, voortreflikhede en al want die
lewe slyp die ongelykhede geleidelik glad
soos spoelklippies op die rivieroewer se wal
want volmaaktheid is nêrens te vind en
daar is ‘n gles in die mooiste diamante – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed