Jongste aktiwiteit:

~ Eie keuse ~

Dag prik venynig teen my vlees toe
ek rugkant na gister teen die strand opbeur.
Branders lek lui lui die laaste soet van
middelnag se hooggety en vertel van skroot
en skatte gestrooi teen duineboggels se
winddroog middellyf.

My voete skryf sleutelwoorde in die klam lei van
eb en ek fris myself teen ‘n doelgerigte visie vir
hierdie dag. Wag was nog altyd my sterk punt
en ek beplan ingedagte hoe ek my oggendkoffie
tuis met ‘n kalm hand sal skink tot ek stoom
teen ruite wat nog asem van diafaan drome.

Sout boen my wangbeen om reste van
gister te elimineer tot son elke ontvanklike
porie infiltreer en ek tintel in wedergeboorte.
Dit is goed ek is alleen. Getuies is meermale
eerder ‘n gewete as die stil alibi waarop
gehoop word.

Ek stroop elke diagnose van kwaksalwers
wat my wou ketting en bind
en staan pienkvoet op dooie rots en wag,
wag dat heling my moet vind.

© Almarie Truter




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed