Amsterdam
Amsterdam
Voor ʼn straatkafee in Amsterdam
skryf ek vir jou oor tulpe
en die ruderalis reuk wat hang
fiets klokkies wat lui
en die laat winterson
maar iewers hier binne my
roer ʼn diep verlange
na die Kaap
die see
en die Suid-Oos wat waai
ek wens tog dat jy hier was
om die naaktheid van die bome
in hul winterslaap te sien
die plek waar die rooi lig ontugtiges
soos winkelpoppe
in die wulpse nag
op hul brood en botter wag
en jy
jy sou van die waterkanale hou
die palet van Van Gogh
giggel oor die feromoon
wat teen skemer
soos reukwater
teen die aandlug op bou
en ek
ek sou langs jou wou lê
naby aan jou wees
vir jou die slot verhaal gedig
deur Elizabeth Eybers lees
Iewers in Amsterdam
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Welgedaan. IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek