Jongste aktiwiteit:

Doring (Silwer)

DORING doring gladdelyf gesant gekoester al vir jare dig teen my bors wieg sagkens weg en word gewek uit nanag-euforie geruk deur reuk van vars formeersel hoe lank nog voor jy die laaste lewe uit my suig . © Barbara Smit 4/12/2020

Lees meer

Kersfeesliggies (Silwer)

Kersfeesliggies die foto’s wat ek uitpak verbreed die soet rand van my hart herinnerings se repertoire, feestelik soos kersfeesliggies deur die huis al voel dit soms of lamferbande my arms stomp afbreek die liggies brand tog trots en helder nóóit laat die LIEFDE in die steek dae, maande, jare dit is gebêre en vergader maar […]

Lees meer

Liefdesblyk (silwer)

Liefdesblyk ‘n skewe posy in my hand selfgeplukte woorde sonder klank met stil gedagtes én met liefde kies ek die kleur en geur vou dit bymekaar in blink-blou selofaan waar jy nou lê lê ek dit neer nederig my liefdesblyk om wat jy was ‘n laaste keer te eer © Barbara Smit 15/10/2020

Lees meer

SOU JY BLY? (silwer)

sou jy bly? as jy my binnekamer sou betree my sonder vreugdesmasker sou ervaar sou jy in die skaam-skemer van my liefde wou vertoef? sou jy verstrengel raak in die rafels van my tong my vrese en onsekerheid jou wurg sou jou hande teer steeds só sag oor my wang kon streel? sou rustelose storms […]

Lees meer

Geskryf in die Sterre (Silwer)

Geskryf in die Sterre ankerloos in winterkou in sierskrif lê dit uitgestippel op wysie van die wind se tune tot in die siel se blouste blou die dolosse blink uitgeskud van horison tot horison dui presies die plek, die oomblik aan waar ek moes groet, waar jy moes gaan ek dobber hier in gister rond […]

Lees meer

LIEFDE

LIEFDE waar liefde ontbreek het ek gebreek het mond gesê maar hart óntsê het hande gehou maar hart ónthou het lyf onthou met ‘n hart ontrou het U dan nie die brood gebreek? smeek ek dat U dié hart óntbreek dat U my sê, óntsê my rou, óntrou dat Heer U my ontrou vir ewig […]

Lees meer

EN PASSANT (silwer)

en passant in eeue-oue wentelbaan sleep dof die asem van die maan waar een by hitte van ‘n vuurtjie hurk luier liefde in die pad se vurk in die verbygaan oë wat groet met minnewoorde swygend soet maar voordat hande vas kon gryp het son by maan verbygedryf ongesê, in as gelê statig-stil die kans […]

Lees meer

VERLANGE

VERLANGE as die maan so wasig my gelaat afwit so wit so wit net soos my silwer kroon voel ek hoe verlange so saam met asem deur my waai ek neurie sag ‘n liedjie van jare ver ver terug en voel hoe vlerk my voete die wysie ritmies saam ek sluit my oë en wieg […]

Lees meer

AMPER SOMER

Amper Somer dis amper somer in jou lewe so skielik word jy groot eens sou jy op ‘n droom kon swewe maar manword druk jou menswees dood die wye wêreld is jou speelplek jy weet so als van als as donkerte jou enkels lek staan jy so fors en vreesloos stil ek, hier eenkant swyg […]

Lees meer

VREDE – (Silwer)

VREDE vasberade loer nuwe lewe deur die donkerste grond stoot sy arms blaar vir blaar soos wyd gespreide vlerke reikend na die son hongerig omhoog om elke straaltjie sonskyn gulsig op te slurp om met ‘n helder stem VREDE oor die wêreld uit te roep © Barbara Smit – 16/10/2019

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Barbara het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Barbara het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Barbara het ‘n nuwe publikasie gemaak