Liefdesblyk (silwer)
Liefdesblyk
‘n skewe posy
in my hand
selfgeplukte woorde
sonder klank
met stil gedagtes
én met liefde
kies ek die kleur en geur
vou dit bymekaar
in blink-blou selofaan
waar jy nou lê
lê ek dit neer
nederig my liefdesblyk
om wat jy was
‘n laaste keer te eer
© Barbara Smit 15/10/2020
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Dankie pragtig hoe jy woorde & blomme bymekaar bring. Lank stil ?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek