loot
oor my duin dreun daar boodskappe
senekal – senekal – dit klink amper soos dis al
die lot het geval op iemand oor die wal
leiers met voorskote vol eier geel
maak beloftes en skreeu dreigemente uit
elkeen wil die ander ondervang
weereens in my duin se geskiedenis
word “geskiedenis” ryp gedruk en “vermaak”
leiers beswadder mekaar met lood-voete
“eendag sal daar..” uit die mond
van ‘n eensame siener iets waar ontdek word
iets wat betekenisvol kan wees
of dit nou die profeet Joël is
of iemand meer obskuur in bestaan
die Woord kan nie lieg nie
sug die ou man teen sy duin
“ ai! , wanneer tog? , hoe lank nog?”
“sal daar ooit ‘n einde kom?”
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.