VREDE – (Silwer)
VREDE
vasberade loer nuwe lewe
deur die donkerste grond
stoot sy arms blaar vir blaar
soos wyd gespreide vlerke
reikend na die son
hongerig omhoog
om elke straaltjie sonskyn
gulsig op te slurp
om met ‘n helder stem
VREDE
oor die wêreld uit te roep
© Barbara Smit – 16/10/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur