Staatsbuideldiere
As die Kangaroe in haar kapoes woorde drae
en volstruisagtig aanprikkel
soos staatsbeamptes eierkop
sit almal soos stoepkakers
met kameralense en fotosinteer
vuiste gebol en moue opgerol
almal uit vir ‘n koppie-teë,
daai girls met bubblebutt-houdings
en fors manne met egotistiese:
“check my uit, check you uit”
word almal in ‘n Pornografiese
video-band-opname namens die President
in die buidel gebore
net om in gemoedsbekaking
80 in ‘n 60 zone té swets,
foefies rymel forensies
en die fokdiere teel klaar
sit die ouman op sy stoep en staar:
staar na al die Kangaroe’s
met lang sterte spring.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Aha! Vatso!